Wednesday, June 24, 2009
Thursday, June 18, 2009
K-pax Kronikels - Keg
Kyk, van lang-arm by Presleys en visvang kan jy niks vir ons vriend Seef vertel nie, maar vandag was sy wereld geruk.
Donderdag, Keg, K-pax. Die Wellington “specials” vloei en die musiek skud. Die ‘normale’, wag gereelde is ‘n beter woord, mense het uitgeslaan in hulle gunstelling liggaam versierings en bedekkings. Voor die kroeg sit die enkel-lopende, middel-jarige mans wat soos aasvoels sit en wag om te pons op die dames wat nog onervare is in die fyn kuns van doos dronk word. Groepe ou skoolvriende wat posisies ingeneem het by die beste tafels besoedel die lug met allerdaagse gesprekke en lighartige giggels. Meisies beweeg rond tussen deur die mense in klein groepies waarvan die meer aantreklikes vergesel word deur ‘n 110kg grot-otter vriendin wat die rol van lyfwag onwetend speel. Dis net daar waar Seef se hart sink en sy snor krul… swart hakskoene, ligte deursigtige sykouse, rokkie… nie enige allerdaagse een nie… ‘n stywe swart rokkie wat oor haar heupe rol en blom in ‘n smaakvolle amper parmantige vertoning van cleavage. Hy staan en bewonder haar mooi bruin hare en lig groen oe vir wat gevoel het soos sekonde, maar ‘n stamp in die rug en ‘n meaninglose jammer terwyl iemand verby skuif was ‘n onnugterende terugkeering na hede en met die herverskyning van die res van die mense begin hy stadig aan beweeg kroeg toe.
“Een special asseblief” gly die woorde gemaklik. Die kroegman bederf hom met ‘n dubbel. Hy vat ‘n sluk en trek sy gesig sodat die een oog oop bly en sy kop na die kant buig, roer die drankie sodat die brandewyn meng en maak asof niks gebeur het nie. Agter in sy kop speel iets dromme… die girl. Hy staan met sy rug teen die kroeg met sy linker elmboog op die toonbank, sy leerbaadjie plak teen die taai herrindering dat nie almal koordinasie het nie. Hy loer oor die skouer van die blok van ‘n men swat voor hom staan… en daar is sy… al aan die gesels en onbewus van sy bestaan. Skielik dim die ligte en DJ laat waai met ‘n gunsteling. Met ‘n hoe gil gryp die meisies hulle handsakke en pyl op die dansvloer af asof lacoste samples uitgedeel word. “SY KAN DANS!” dink Seef by homself… hy Bloemfontein-style sy brandewyn, dis net ys wat vlieg en met twee groot slukke is sy special weg en hy hardloop mes-hande om sy spot langs daai girl te gaan in neem. “AGGEF0K!.. Sy het ‘n ou..” slaan die wreede waarheid hom, maar hy sal nie terug staan nie, nie die keer nie, hy sal nie met homself kan lewe as hy nie sy kans vat nie.
Met ‘n flash van sy reservis polisie badge en ‘n selfversekerde grin se hy vir haar: “Seef… Po-lice to meet you”. Half stom geslaan bars sy uit van die lag en vra of sy hom kan help? Hy verduidelik toe vir haar dat hy haar gesien het en homself sou skop as hy nie een of ander effort gemaak het om met haar te gesels nie. “Kan ek vir jou iets kry om te drink” vra hy hoflik… sy se dat sy ‘n groot glas water met ys sal wardeer. “Hou jy van water” vra seef met ‘n smile… “Ja, hoekom?” antwoord sy op ‘n bleikbare simple vraag… “Want dan sal jy van ten minste 70% van my liggaam hou…” kom die punchline met ‘n smile. Hy draai om en gaan kry nog drankies terwyl hy dink wat hy gan se… toe voel hy ‘n trek op sy hemp… met ‘n rustige stem wat se… hulle noem my “The hypnotist…” “O F0K! Dis haar ou…” “Hoekom noem hulle jou the hypnotist?..” kom die vraag skaaps… en die laaste ding wat hy kon onthou was die woord “sleep!” en ‘n regter hak-hou wat Mike Tyson op sy dag sou laat sidder….
Met ‘n sak gevriesde ertjies op sy oog sit hy en nadink en kan op geen ander conclusion af kom as: “ In Kempton kak ‘n ding wat kom kip-kip “